1879 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 16 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-12-2025 só ingevul:



Sophie is bekend vir haar ........ opmerkings.
81 % (afgerond)irrelevante 
1 % (afgerond)irrelefant
1 % (afgerond)irrelevant
17 % (afgerond)irelevante

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Navorsers is besig om aan 'n ........ te werk om die siekte te bestry.
seerrum
serrum
1 % (afgerond)seerum
99 % (afgerond)serum 

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Tannie Erna sê haar ........ is haar kosbaarste besitting.
91 % (afgerond)broodbome 
9 % (afgerond)Broodbome
Brood Bome
1 % (afgerond)brood bome

Die gewone benamings van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Vir hierdie spesiale aanbieding is daar ........ wat geld.
6 % (afgerond)termes en voorwaardes
17 % (afgerond)terme en voorwaardes
1 % (afgerond)terme en kondisies
77 % (afgerond)bepalings en voorwaardes 

In hierdie konteks word die Engelse "terms" met "bepalings" vertaal. In Afrikaans beteken "term" meestal 'vakwoord'. Die Engelse "conditions" is hier "voorwaardes", terwyl "kondisie" in Afrikaans 'toestand' beteken. Ons sê byvoorbeeld: "Die beeste is in 'n goeie kondisie."
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties