1889 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 15 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-12-2025 só ingevul:



Die Opposisie het die minister daarvan beskuldig dat hy ........ is teenoor mense van ander partye.
bevooroordelent
3 % (afgerond)bevooroordelend
2 % (afgerond)bevooroordeelt
94 % (afgerond)bevooroordeeld 

'n Mens sê iemand is "bevooroordeeld" en dit beteken ''n vooropgestelde mening oor iets of iemand hê'. Die woord "bevooroordelend" is waarskynlik kontaminasie van die woord "bevooroordeeld" en "veroordelend", byvoorbeeld 'n "veroordelende gesindheid teenoor buite-egtelike moeders hê".
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: In iemand se ........ val.

7 % (afgerond)mandjie
53 % (afgerond)net 
18 % (afgerond)wyn
22 % (afgerond)sak

Die idioom "iemand se net val", beteken 'gevang of verlei word deur iemand'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wakkerstroom bied weer vanjaar die immergewilde ........ aan.
1 % (afgerond)klassieke musiek-fees
82 % (afgerond)klassiekemusiekfees 
klassieke musiek fees
17 % (afgerond)klassieke musiekfees

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "klassieke" + selfstandige naamwoord "musiek") en ʼn selfstandige naamwoord "fees".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die meisies was vandag weer baie stout in die klas.
Wat is die woordsoort van "stout" in bostaande sin?

52 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord 
1 % (afgerond)prestriptiewe byvoeglike naamwoord
22 % (afgerond)beskrywende byvoeglike naamwoord
25 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n stoute meisie”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die meisies is stout".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties