1889 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 12 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-12-2025 só ingevul:



Ek moet 'n ander motor koop; gee vir my die ........ aan dat ek kyk wat adverteer hulle.
8 % (afgerond)tweedehandse motorgids
tweede handse motorgids
tweede handse motor gids
91 % (afgerond)tweedehandsemotorgids 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "motor") en ʼn selfstandige naamwoord "gids". Indien 'n mens "tweedehandse motorgids" sou skryf, beteken dit ''n tweedehandse gids waarin motors verskyn' en nie ''n gids waarin tweedehandse motors verskyn' nie.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die blompot staan netjies in die middel van die tafel.
Wat is die woordsoort van "netjies" in bostaande sin?
80 % (afgerond)bywoord van wyse 
12 % (afgerond)bywoord van graad
3 % (afgerond)bywoord van netheid
6 % (afgerond)bywoord van plek

Bywoorde beskryf die adjektief (byvoeglike naamwoord) of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "netjies", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Idioom: Soveel van iets weet as 'n kat van ........ .
4 % (afgerond)saffiere
1 % (afgerond)sojabone
95 % (afgerond)saffraan 
sitrusvrugte

Hierdie idioom beteken 'daar niks van weet nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wat noem ons ʼn inwoner van Botswana?

18 % (afgerond)Botswaniër
7 % (afgerond)Botswanaër
38 % (afgerond)Batswana
37 % (afgerond)Botswana-inwoner 

Iemand wat van Botswana kom, word ʼn "Botswana-inwoner" genoem. In Tswana word ʼn lid van die Tswana-bevolkingsgroep ʼn "Motswana" (meervoud "Batswana") genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties