11 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-12-2025 só ingevul:
Drie ........ het hoog in die berg in 'n grot oornag.
Koi-Kois Khoi-Khois Koi-Koi's Khoi-Khoin
Die spelling van "Khoi-Khoi" het oor baie jare al baie variasies in Afrikaans gehad, maar die 2009-AWS erken slegs "Khoi-Khoi", met die meervoud "Khoi-Khoin".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Ek sal die werk moet ........ om te sien of dit reg is.
kontrolleer kontroleer
Indien die basis van 'n woord eindig op 'n enkele konsonantletter, voorafgegaan deur 'n lang, beklemtoonde vokaal, word daardie konsonantletter nie in afleidings van die basisvorm verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
In die ........ het Oos-Duitsland geweldige ekonomiese groei beleef.
post-Koue Oorlog-jare post Koue Oorlog jare post-koue oorlog-jare post-koue-oorlog-jare
In samestellings waarin 'n eienaam voorkom, word die integriteit van die eienaam behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Ons het vandag in die taalkundeklas deiktiese woorde behandel. 'n Sinoniem vir "deiktiese" is ........ .
ongebruikte nuwe aanwysende geykte
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "deiktiese" is "aanwysende". Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)