09 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-03-2026 só ingevul:
Watter leenwoord beteken in Afrikaans 'sagte, aanhoudende reën'?
tjoggem kiza kleza tsetse
Ons het die woord "kiza" (ook "kiesa" of "kieza") by Zoeloe geleen; dit beteken 'sagte reën'. Die leenwoorde "kleza" en "tjoggem" beteken om uit ʼn koeispeen in jou mond te melk, en "tsetse" beteken 'gevaarlike vlieg'. (Bron: WAT)
Ag nee, gee hier dat ek dit doen; jy's soos 'n ........ in 'n porseleinkas.
hond bul aap kat
Die idioom 'soos 'n aap in 'n porseleinkas' beteken 'baie onhandig'. Die Engelse uitdrukking is "like a bull in a china shop".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ncebisa het 'n ........ aan my verkoop.
korttermynversekeringspolis kort termynversekerings-polis korttermynversekerings-polis kort termyn versekerings-polis
Na 'n verbindings"-s" word daar nie 'n leesbaarheidskoppelteken geskryf nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die bottel is goed gekurk. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "bottel" in bostaande sin?
massaname houername eiename soortname
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "bottel", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)