03 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-12-2025 só ingevul:
Die woord ........ is afgelei van die Franse "serge de Nîmes".
denim sersant "sersant" "denim"
Woorde in 'n selfnoemfunksie word tussen dubbelaanhalingstekens geplaas, maar die name van dorpe of stede nie. Die Franse uitdrukking "serge de Nîmes" beteken 'soort weefstof van die stad Nîmes'. Die woord "sersant" kan teruggelei word na die Latynse woord "servientum" wat 'dienskneg; soldaat' beteken.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Ek het 'n ........ gemaak; ek hoop die baas sal my vergewe.
reusfout reusefout reuse fout reus fout
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie, in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie. Bron: WAT/BA
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Was dit die dogter wat die moord gepleeg het? ........ tog dalk die seun?
Of of
Die eerste woord van 'n sin (ook van 'n sin sonder 'n werkwoord) begin met 'n hoofletter (AWS 9.1).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Simon wil ........ teen die verhoging in klasgeld.
hom uitlaat protes aanteken appelleer baklei
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)