1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 02 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-12-2025 só ingevul:



Die resies het die atlete heeltemal uitgeput.
Wat is die woordsoort van "uitgeput" in bostaande sin?
2 % (afgerond)bywoord
96 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)voegwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde vorm die verlede tyd met "-ge-", byvoorbeeld "uitput - uitgeput".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ........ in die baai word met ’n baggerboot oopgehou.
99 % (afgerond)vaarwater 
vaar water
vaar-water

ʼn Samestelling ("vaarwater") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("vaar" en "water") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Dis my droom om ........ toe te gaan.
2 % (afgerond)noordpool
2 % (afgerond)Noord-pool
96 % (afgerond)Noordpool 
noord-pool

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



Moenie moed opgee nie; ........ wen.
91 % (afgerond)aanhouer 
7 % (afgerond)aanhouder
1 % (afgerond)volhouer
volhouder

Die idioom "aanhouer wen", beteken ‘deur aan te hou bereik ’n mens jou doel’. (Bron: Spreekwoorde – Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties