01 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-12-2025 só ingevul:
Op die ........ van Archimedes staan 'n kopie van een geskrif van Archimedes.
palimpsis palimpses palimsist palimpsest
Die woord "palimpses" word in Afrikaans, anders as Engels en Nederlands, sonder 'n slot-t geskryf. 'n "Palimpses" is 'n perkamentrol wat, nadat die oorspronklike skrif afgekrap of onsigbaar gemaak is, weer opnuut vol geskryf is. (Bron: HAT)
Die beklaenswaardige kêrel is 'n regte ou ........ .
Jan Salie Jan Kalbas Jan Pampoen Jan Laventel
'n "Jan Kalbas" is 'n sukkelaar. 'n "Jan Laventel" is 'n opgetooide, spoggerige, aantreklike kêrel. 'n "Jan Pampoen" is 'n niksbeduidende vent, 'n stommerik. 'n "Jan Salie" is 'n papbroek.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Dr. Botha is 'n bekende ........ .
oor-, neus- en keelspesialis oor-neus-en-keelspesialis oor- neus- en keelspesialis oor/neus/keelspesialis
In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "keel" en "spesialis", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die finale episode word vanaand uitgesaai. Die woord "finale" in bostaande sin is 'n voorbeeld van 'n ........ .
attributiewe adjektief eindpartikel bywoord van wyse persoonlike voornaamwoord
'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n finale episode”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die uitspraak is finaal".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)