01 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-12-2025 só ingevul:
Hou op met ........ agter in die klas!
vluister fleister flyster fluister
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "flyster" of "fleister" in plaas van die korrekte "fluister".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die gimnas het haar balans verloor en van die balk ........ .
af gespring geäfspring geafspring afgespring
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Toe die Titanic sink, het die orkes " ........ my God by U" gespeel.
slegs nader slegs Naader Naader of naader slegs Nader
Name van publikasies, dié geval ’n lied, begin met ’n hoofletter.
Die woord "ruk" in die volgende sinne is 'n ........ . Die trein het met 'n ruk tot stilstand gekom. Dit gaan nog 'n ruk lank duur voordat ons verder kan ry.
anoniem antifoon sinoniem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “ruk” (‘skielike trekbeweging’) en “ruk” (‘'n tyd lank’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)