25 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-11-2025 só ingevul:
Die pakkie moet asseblief by die ........ afgelewer word.
sake adres sakeädres sakeadres sakëadres
Die deelteken word nie gebruik wanneer 'n "a" of 'n "o" voorafgegaan word deur 'n "e" wat tot 'n ander lettergreep behoort nie.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die manlik van "weduwee" is ........ .
weduwaar wewenaar manweduwee grasweduwee
'n Wewenaar is 'n man wie se eggenote/lewensmaat oorlede is.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Kyk hoe huil ........ oor sy stukkende stoeltjie!
baba beer baba Beer Baba beer Baba Beer
Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die woonstel beskik oor 'n volledig ........ kombuis, kompleet met ingeboude stoof en skottelgoedwasser.
toegeruste uitgeruste
Die woorde "toerus" en "uitrus" beteken albei 'van die nodige voorsien'. Die woord "toerus" wordegter meer gebruik vir huise, winkels en fabrieke; die woord "uitrus" word meer gebruik vir fisieke noodsaaklikhede soos uniforms. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)