'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Jy moet ........ dat jy nie jou hand teen die stoof verbrand nie.
op-pas opas op pas oppas
Die woord "oppas" is 'n skeibare werkwoord, saamgestel uit die woorddele "op-" en "-pas" en word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Jou kunswerk is pragtig, ........ Venter.
Vaatjie vaatjie
'n Bynaam begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Die ........ hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie.
alarm klok foon wekker
Die idioom "om die klok te hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie" beteken 'om iets te gehoor het, maar nie die besonderhede te ken nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)