1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 20 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-11-2025 só ingevul:



Tannie Willemien vertel graag van een van haar voorsate wat glo 'n ........ was.
80 % (afgerond)KGB-agent 
17 % (afgerond)KGB agent
1 % (afgerond)KGBAgent
2 % (afgerond)KGBagent

Samestellings met afkortings kry 'n koppelteken tussen die afkorting en die daaropvolgende woord. Ander voorbeelde sluit in:
"MBA-student", "VN-afvaardiging" en "NASA-ekspedisie".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



My ........ dank vir jou hulp.

oprëgte
2 % (afgerond)oprêgte
oprégte
98 % (afgerond)opregte 

Die eerste "e" in die woord "opregte" word nie gerek nie en kry dus nie 'n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.



Idioom: Voëls van eenderse ........ .
96 % (afgerond)vere 
sterte
3 % (afgerond)kleure
1 % (afgerond)klere

Die idioom "voëls van eenderse vere" beteken 'die een is nie beter as die ander nie'. (Bron: HAT).
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Mamma lees vir ons van Jona uit die ........ .
77 % (afgerond)Kinderbybel 
1 % (afgerond)kinderBybel
3 % (afgerond)KinderBybel
18 % (afgerond)kinderbybel

Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties