1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 19 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-11-2025 só ingevul:



Wat is die meervoud van "OVDG"?
(Orde vir Voortreflike Diens: Goud)
14 %OVDG'e
69 % (afgerond)OVDG's 
13 %OVDGs
4 % (afgerond)OVDGe

Meervoude van akronieme kry afkappingstekens.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Die ........ is verantwoordelik vir verlof en nuwe aanstellings.
9 % (afgerond)menslike hulpbronbestuurder
1 % (afgerond)menslike hulpbron-bestuurder
menslike hulpbron bestuurder
89 % (afgerond)menslikehulpbronbestuurder 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "menslike" + selfstandige naamwoord "hulpbron") en ʼn selfstandige naamwoord "bestuurder".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die eiland in die Middellandse See wat deels aan Griekeland en deels aan Turkye behoort, is ........ .
35 % (afgerond)Cyprus of Ciprus
5 % (afgerond)slegs Siprus
37 %Ciprus of Siprus 
23 %slegs Ciprus

Sommige plekname word verafrikaans. In hierdie geval word albei spellings "Ciprus" en "Siprus" erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Daar uitsien soos die ........ in sluiters.
27 %kamera
70 %dood 
3 %siekbed

Die idioom "daar uitsien soos die dood in sluiters" beteken 'baie maer'.
In die gedig "Buytenleven" van W. Sluiter (1627-1673) word die dood voorgestel as 'n geraamte, net vel en been.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties