1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 17 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-11-2025 só ingevul:



Die motor rol agtertoe teen die bult af.
Wat is die woordsoort van "agtertoe" in bostaande sin?
23 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
72 % (afgerond)bywoord 
4 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe rol die motor? Die antwoord: agtertoe.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



As ou Peet nie sy boerderymetodes aanpas nie, gaan hy ........ .
1 % (afgerond)agter uit boer
51 % (afgerond)agteruitboer 
48 % (afgerond)agteruit boer

Wanneer 'n bywoord of byvoeglike naamwoord plus 'n werkwoord saam as 'n werkwoord optree, word dit in gevalle van betekenisverdigting vas geskryf, byvoorbeeld "agteruitboer", "grootmaak", wegdros" (AWS14.50).
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Prins Edward en sy vrou Sophie staan ook bekend as die graaf en ........ van Wessex.
74 % (afgerond)gravin 
graafnes
graaves
25 % (afgerond)grafin

Die vroulike vorm van die koninklike eretitel "graaf" is "gravin" met 'n "v". In Engels is die titels onderskeidelik "earl" en "countess".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Dié rolprent gaan vanjaar die ........ span.

3 % (afgerond)osse
1 % (afgerond)draad
96 % (afgerond)kroon 
1 % (afgerond)spiere

Die idioom "die kroon span", beteken 'ander oortref'.
Byna 1 000 jaar gelede in Middelnederlands het "crone spannen" beteken om die kroon, wat eintlik 'n lourierkrans was, om die kop te bind.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties