17 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-11-2025 só ingevul:
Die motor rol agtertoe teen die bult af. Wat is die woordsoort van "agtertoe" in bostaande sin?
byvoeglike naamwoord bywoord selfstandige naamwoord voornaamwoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe rol die motor? Die antwoord: agtertoe.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
As ou Peet nie sy boerderymetodes aanpas nie, gaan hy ........ .
agter uit boer agteruitboer agteruit boer
Wanneer 'n bywoord of byvoeglike naamwoord plus 'n werkwoord saam as 'n werkwoord optree, word dit in gevalle van betekenisverdigting vas geskryf, byvoorbeeld "agteruitboer", "grootmaak", wegdros" (AWS14.50).
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Prins Edward en sy vrou Sophie staan ook bekend as die graaf en ........ van Wessex.
gravin graafnes graaves grafin
Die vroulike vorm van die koninklike eretitel "graaf" is "gravin" met 'n "v". In Engels is die titels onderskeidelik "earl" en "countess".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Dié rolprent gaan vanjaar die ........ span.
osse draad kroon spiere
Die idioom "die kroon span", beteken 'ander oortref'. Byna 1 000 jaar gelede in Middelnederlands het "crone spannen" beteken om die kroon, wat eintlik 'n lourierkrans was, om die kop te bind. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)