02 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-03-2026 só ingevul:
Sprinkel 'n bietjie sout oor die vleis. Wat is die woordsoort van "Sprinkel" in bostaande sin?
oorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord
In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Sprinkel 'n bietjie sout oor die vleis. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die dogtertjie het ........ uit die wrak geklim.
heelhuids heel huids heel-huids
Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-s”) wat ʼn woordgroep (“heel en huid”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
'n Hotelkamer is baie ........ as 'n tent as 'n mens met vakansie is.
geriefliker mees gerieflik die gerieflik meer geriefliker
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “gerieflik”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “geriefliker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die gerieflikste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Idioom: 'n Goeie begin is halfpad ........ .
bemin gewin besin gevind
Die idioom "'n goeie begin is halfpad gewin", beteken 'as 'n mens fluks begin, kom die werk gou klaar'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)