2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 02 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-03-2026 só ingevul:



In ........ mag slegs die doelwagters die bal met die hand hanteer.
sokkir
7 % (afgerond)socker
92 % (afgerond)sokker 
soker

Konsonante wat ná die hoofklem van ’n woord volg, word verdubbel om die klank kort te hou, byvoorbeeld die "kk" in "sokker".
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Ek kry nêrens die huis se ........ nie.
sleutelens
1 % (afgerond)sleutelle
99 % (afgerond)sleutels 

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n "-s" in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die hoofstad van KwaZulu-Natal is ........ .
13 % (afgerond)Pietermaritsburg
3 % (afgerond)PieterMaritzburg
7 % (afgerond)Pieter-Maritsburg
76 % (afgerond)Pietermaritzburg 

Durban is die grootste stad in die provinsie, maar Pietermaritzburg is die hoofstad. Pietermaritzburg is geleë in die distriksmunisipaliteit van uMgungundlovu. Ulundi was tussen 1994 en 2004 van tyd tot tyd die hoofstad van KwaZulu-Natal.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die woord "sweer" in die volgende sin is ’n ........ .
Sweer jy dat jy die waarheid sal praat?
Ek het ’n sweer op my toon.
3 % (afgerond)antoniem
91 % (afgerond)homoniem 
5 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is ʼn woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ʼn ander woord, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "sweer" (‘plegtig belowe’) en "sweer" (‘seerplek’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties