1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 14 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-11-2025 só ingevul:



Party mense glo ........ help teen rumatiek.
1 % (afgerond)bugoe
5 % (afgerond)bugu
85 % (afgerond)boegoe 
10 % (afgerond)buchu

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Tydens die oorlog het baie mense dinge ........ wat hulle vroeër as vanselfsprekend aanvaar het.
2 % (afgerond)geöntbeer
97 % (afgerond)ontbeer 
2 % (afgerond)geontbeer

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Iemand wat 'n stommiteit begaan, noem ons 'n ........ .
3 % (afgerond)Jan Kalbas
68 % (afgerond)Jan Pampoen 
28 % (afgerond)Jan Salie
2 % (afgerond)Jan Burger

'n "Jan Pampoen" is 'n stommerik.
'n "Jan Salie" is 'n sukkelaar.
'n "Jan Burger" is die gewone burger.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die storm het die skip vernietig.
Wat is die woordsoort van "vernietig" in bostaande sin?

1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)bywoord
97 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "vernietig", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties