2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 02 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-03-2026 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "skildklier" is ........ .
gewete
98 % (afgerond)tiroïedklier 
galblaas
2 % (afgerond)pankreas

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "tiroïed" is afkomstig van die Grieks "thureos", wat 'skild' beteken, en "eidos", wat 'vorm' beteken.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Idioom: Goedkoop ........ is beter as 'n duur boodskap.
6 % (afgerond)potlode
43 % (afgerond)papier
4 % (afgerond)penne
48 % (afgerond)ink 

Die idioom "goedkoop ink is beter as 'n duur boodskap" beteken ''n skriftelike boodskap word nie so maklik verkeerd verstaan as 'n mondelinge boodskap nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die plaaslike hoërskool hou volgende week 'n ........ .
2 % (afgerond)slegs oopdag
12 % (afgerond)oop dag of ope dag
17 % (afgerond)slegs ope dag
69 % (afgerond)opedag of ope dag 

Byvoeglike naamwoorde (soos “oop” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “skool” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Volgens die 2017-AWS kan 'n mens egter "opedag" of "ope dag" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Ek sal jou môreoggend sesuur kom oplaai.
Wat is die woordsoort van "kom" in bostaande sin?
19 % (afgerond)koppelwerkwoord
29 % (afgerond)skakelwerkwoord 
50 % (afgerond)hulpwerkwoord
2 % (afgerond)voorsetselwerkwoord

'n Skakelwerkwoord skakel 'n hulpwerkwoord en hoofwerkwoord aan mekaar, byvoorbeeld:
Ek sal jou môreoggend sesuur "kom" oplaai.
Hy sal "probeer" om sy pap te eet.
Sy wou hom "help" om groente te kweek.


Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties