2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 02 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-03-2026 só ingevul:



Sprinkel 'n bietjie sout oor die vleis.
Wat is die woordsoort van "Sprinkel" in bostaande sin?
76 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
6 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
7 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
11 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Sprinkel 'n bietjie sout oor die vleis. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die dogtertjie het ........ uit die wrak geklim.
99 % (afgerond)heelhuids 
1 % (afgerond)heel huids
heel-huids

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-s”) wat ʼn woordgroep (“heel en huid”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



'n Hotelkamer is baie ........ as 'n tent as 'n mens met vakansie is.
97 % (afgerond)geriefliker 
mees gerieflik
die gerieflik
3 % (afgerond)meer geriefliker

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “gerieflik”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “geriefliker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die gerieflikste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Idioom: 'n Goeie begin is halfpad ........ .
bemin
100 % (afgerond)gewin 
besin
gevind

Die idioom "'n goeie begin is halfpad gewin", beteken 'as 'n mens fluks begin, kom die werk gou klaar'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties