12 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-11-2025 só ingevul:
Dit was ........ wat die blompot omgestamp het!
èk ék
Die akuutteken word gebruik om woordklem in 'n sin aan te dui.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Die pianis speel J.S. Bach se Prelude en Fuga in ........ .
C#-mineur of C-kruismineur C-kruismineur C# mineur C#-mineur
Samestellings met 'n simbool ("C#-mineur") word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
'n Ateïs is iemand wat die bestaan van 'n opperwese ontken en ook bekend staan as 'n ........ .
Godloënaar god loënaar of God loënaar Godloënaar of godloënaar godloënaar
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Idioom: Moenie verder spring as wat jou ........ lank is nie.
arm liniaal tou stok
Die idioom "moenie verder spring as wat jou stok lank is nie", beteken 'moenie iets onderneem wat bo jou kragte is nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)