Ek moes nie my ontbyt oorgeslaan het nie ........ nou is ek rasend honger!
, ; . geen leesteken
Wanneer die voegwoorde "want", "en" en "maar" in 'n sin weggelaat word, gebruik ons 'n kommapunt. In hierdie sin is "want" weggelaat.
Sien ook die bladsy Kommapunt.
Ons gaan hierdie winter ........ van die koue.
beef en sweef bibber en sidder bibber en beef
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “bibber en beef”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Gautama Siddhartha se titel is ........ .
Boedha Boeddha Buddha die Boeddha
In Afrikaans verwys 'n mens na "die Boeddha", aangesien dit 'n titel is, soos 'n mens ook sal sê: "Die professor het X gesê."
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)