1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 11 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-11-2025 só ingevul:



Ons kajuit is op die derde vlak van die skip.
Wat is die woordsoort van "kajuit" in bostaande sin?
werkwoord
1 % (afgerond)adjektief
99 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, "kajuit - die kajuit - kajuite".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die swemmer blink uit in ........ .
rug slag
rug-slag
100 % (afgerond)rugslag 

ʼn Samestelling ("rugslag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("rug" en "slag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



........ vir ons die lemoen, dan is daar ’n helfte vir elkeen van ons.
halfeer
10 % (afgerond)Halfeer
87 % (afgerond)Halveer 
3 % (afgerond)halveer

Die eerste woord van ʼn sin ("Halveer") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Die Pumas moes vanmiddag die knie teen die Griffons ........ .
95 % (afgerond)buig 
swik
2 % (afgerond)stamp
2 % (afgerond)knak

Die idioom "die knie buig" beteken ‘die stryd opgee’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties