1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 10 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-11-2025 só ingevul:



Die kapers het ons met ʼn pistool ........ .

2 % (afgerond)gedryg
1 % (afgerond)gedruig
97 % (afgerond)gedreig 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Daar was interessante ........ in die jongste episode van die sepie.
68 % (afgerond)verwikkelinge of verwikkelings 
28 % (afgerond)verwikkelinge
1 % (afgerond)verwikkelingens
3 % (afgerond)verwikkelings

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig ("verwikkeling"), kry ’n "s" in die meervoud. In hierdie geval is die "-e" in die meervoud ook korrek.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



........ mense het van die boek gehou, maar sommige wou dit nie klaar lees nie.
1 % (afgerond)baie
99 % (afgerond)Baie 
Baie of baie

Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Dankie vir al julle ........ .
hilp
5 % (afgerond)help
95 % (afgerond)hulp 

Die woord "help" is ’n werkwoord; die woord "hulp" is ’n selfstandige naamwoord wat afgelei is van die werkwoord, byvoorbeeld: ’n Helper help deur sy hulp aan te bied.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties