07 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-11-2025 só ingevul:
Die gebou is in die ........ van 'n driehoek gebou.
vorm forem vorem form
By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie, byvoorbeeld "vorm", “wurm” en “kerm”.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.
Idioom: Die yster ........ terwyl dit nog warm is.
smelt smee brand
Die idioom "die yster smee terwyl dit nog warm is", beteken 'gebruik 'n kans'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ses mense is in 'n ongeluk op die M2-snelweg naby Germiston aan die ........ dood.
Oosrand oosrand Oos-Rand oos-rand
Geografiese name wat 'n rigting aandui en uit 'n eienaam bestaan, word met 'n koppelteken vas geskryf. (NAWS12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Lena neem 'n monster van die lap om te kyk of dit by haar kleurskema pas. Sy het die vorige aand van 'n wrede monster gedroom. Die woord "monster" in bostaande sinne is 'n ........ .
antoniem sinoniem homoniem poliseem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “monster” (‘van 'n stuk lap’) en “monster” (‘afgryslike wese’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)