1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 07 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-11-2025 só ingevul:



Die ........ lei die taakspan wat die lewensvatbaarheid van alternatiewe energiebronne vir die metropool se elektrisiteitbehoeftes ondersoek.
50 % (afgerond)stads- elektrotegniese ingenieur 
11 % (afgerond)stads-elektrotegniese-ingenieur
2 % (afgerond)stads elektrotegniese ingenieur
37 % (afgerond)stads- elektrotegniese ingenieur of stads elektrotegniese ingenieur

Afstandsamestellings word verpligtend met 'n koppelteken geskryf. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord is die skryfwyse vas, d.w.s. "stadsingenieur".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Jou ekonomieonderwyser op skool het dalk 'n BCom(Ed)-graad gehad. Waarvoor staan die akroniem?
8 % (afgerond)Bacalaureus Commercii in Educatione
22 % (afgerond)Baccalaureus Commerci in Educatione
30 % (afgerond)Baccalaureus Commercii in Educationes
41 % (afgerond)Baccalaureus Commercii in Educatione 

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.



Gert het 'n kudde Bonsmaras op sy plaas.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "kudde" in bostaande sin?
12 % (afgerond)massaname
3 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
1 % (afgerond)eiename
84 % (afgerond)versamelname 

'n Klomp beeste bymekaar staan bekend as 'n kudde beeste; 'n blok woonstelle is 'n versameling wooneenhede; ons stapel boeke opmekaar; en wasgoed, riete, ensovoorts word saamgebondel.
Sien ook die bladsy Versamelname.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 24 September gevier word?
4 % (afgerond)Braaidag
1 % (afgerond)braaidag
95 % (afgerond)Erfenisdag 
1 % (afgerond)erfenisdag

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties