05 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-11-2025 só ingevul:
'n Universiteit met woongeriewe vir studente noem ons 'n ........ universiteit.
residensieële residensiele residensieele residensiële
Alhoewel "residensieel" nie 'n deelteken kry nie, kry dit wel een wanneer dit in die attributiewe posisie gebruik word.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Verbruikersregte was bo-aan die agenda tydens die ........ .
tweedehandse handelaarsforum tweede handse handelaarsforum tweede-handsehandelaarsforum tweedehandsehandelaarsforum
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "handelaar") en ʼn selfstandige naamwoord "forum". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die voormalige ........ president, Dilma Rousseff, was die eerste vrou om dié amp in die land te beklee.
Brasiliaanse Brasiliëse Brasiliese Brasiliese of Brasiliaanse
Beide byvoeglike naamwoorde vir Brasilië "Brasiliese" en "Brasiliaanse" word erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname, die name van hul inwoners en byvoeglike naamwoorde verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)