04 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-11-2025 só ingevul:
Die ........ met die skoenlappermotief was vir haar pragtig.
kamiki kammitjie kammietjie kammetjie
Die [i]-klank word in die verkleiningsuitgang "-etjie" deur "e" weergegee.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die Roux-gesin kom gereeld voor 'n ........ probleem te staan.
verskriklikke verskriklike verskriklik
Wanneer "verskriklik" voor 'n selfstandige naamwoord gebruik word, skryf ons "verskriklike". Die laaste "k" word nie verdubbel nie, aangesien die "i" nie beklemtoon is nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die Oos-Kaapse dorpie waar die bekende Uilhuis staan, is ........ .
Nu-betesda New Betesda Nieu-bethesda Nieu-Bethesda
Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.
Alhoewel Amore baie lief is vir katte, het sy tog een ........ .
dachshund dachshond dachshoend dachshound
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)