1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 03 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-11-2025 só ingevul:



My motor is in die ongeluk afgeskryf. Hulle het hom dadelik "scrap yard" toe gevat. Die Afrikaans vir "scrap yard" is ........ .

96 % (afgerond)skrootwerf 
skrapjaart
3 % (afgerond)motorbegraafplaas
1 % (afgerond)afskryfwerf

Die Engelse begrip "scrap yard" het verskillende moontlike vertalings in Afrikaans, naamlik "skrootwerf", "rommelwerf" of "afvalwerf".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Ná die ........ sal ons hoor of die Reserwebank van plan is om rentekoerse te verhoog.
1 % (afgerond)monetêre beleid vergadering
1 % (afgerond)monetêre beleids-vergadering
76 % (afgerond)monetêrebeleidsvergadering 
22 % (afgerond)monetêre beleidsvergadering

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n samestellende samestelling is, is om te kyk of die byvoeglike naamwoord na die eerste of laaste naamwoorddeel van die samestelling verwys. Indien dit na die eerste naamwoorddeel verwys, moet dit vas geskryf word. Ander voorbeelde van samestellende samestellings is "hoëhakskoen", "plaaslikeregeringsverkiesing" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Daardie nuwe ........ van jou sal nooit hierdie land deurgeploeg kry nie.
85 % (afgerond)ploegie 
ploegkie
13 % (afgerond)ploeggie
1 % (afgerond)ploegtjie

Woorde wat op f, g, k, p of s eindig en wat 'n ander konsonant of tweeklank daarvoor het, kry -ie in die verkleiningsvorm. (AWS 17.3)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Idioom: Iemand in jou ........ kry.
2 % (afgerond)besit
36 % (afgerond)greep
6 % (afgerond)hande
56 % (afgerond)kloue 

Hierdie idioom beteken 'mag oor iemand kry'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties