03 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-11-2025 só ingevul:
Die dik mat ........ die klank in die vertrek.
demp dêmp dêmb demb
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "b" en "p".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Daar is nie ʼn ........ kos in die huis nie.
krieselkie krieseltjie kriselkie kriseltjie
Woorde wat met "l", "n", of "r" eindig en wat deur ’n tweeklank of [ә] voorafgegaan word, kry ’n "-tjie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.6).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die Arabiese woord vir God is " ........ ".
slegs Allah slegs allah slegs Alaa allah of Allah
Godsdienstige eerbiedsbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
'n Sinoniem vir die woord "boks" in die volgende sin is ........ . John het vir sy meisie 'n boks sjokolade vir Valentynsdag gegee.
doos kis blik houer
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)