31 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-10-2025 só ingevul:
Het jy enige ........ waar ons vanaand kan gaan eet?
voorkeure foorkerens voorkeurs foorkere
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Sy het 'n ........ leuen vertel om nie vir die ete te betaal nie!
hipotetiese geallieerde iegelike flagrante
Die vaste uitdrukking 'flagrante leuen' beteken 'duidelike, ooglopende leuen'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
in-ag-genome in ag-genome inaggenome in ag genome
"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die fondse is hoofsaaklik afkomstig van donasies, geskenke, lenings en ........ bronne.
derglike dergelikke dergelike derglikke
Die woord "dergelik" word dikwels verkeerd gespel en beteken ‘soortgelyk’.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)