1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-10-2025 (vlak 1)



vorige toets 31 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-10-2025 só ingevul:



Oor die hele land weerklink daar ........ om die droogte te breek.
2 % (afgerond)gebode
gebiddens
bidde
98 % (afgerond)gebede 

Iemand wat "bid" sê ’n "gebed" op. Die verlede tyd van "bid", is "gebid". Die meervoud van "gebed" is "gebede".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Waarin het ek my tog ........ ?
gebegewe
1 % (afgerond)begegewe
97 % (afgerond)begewe 
2 % (afgerond)gegewe

Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin, kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Idioom: 'n Stok in die ........ steek.
1 % (afgerond)gat
2 % (afgerond)pad
97 % (afgerond)wiel 
kierie

Hierdie idioom beteken 'om 'n saak te bederwe'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die dosent gee 'n lesing aan die studente.
Wat is die woordsoort van "lesing" in bostaande sin?
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
15 % (afgerond)werkwoord
2 % (afgerond)bywoord
82 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “lesing - die lesing – lesings”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties