30 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-10-2025 só ingevul:
Tydens die Middeleeue is talle vroue ontereg na die brandstapel gestuur omdat hulle daarvan verdink is dat hulle ........ was.
towenaresse towenaars hekse hekse of towenaresse
Twee vroulike vorms is hier moontlik. Die eerste een ("towenares") word gevorm deur die gebruik van die "-es"-uitgang, terwyl die ander ("heks") bloot geleer moet word.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Die vak was besonder ........ en interessant.
vereikend verykend verreikend verrykend
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die algemene pare wat verwar word, is 'y/ei'. Die woord "verrykend" beteken om jou kennis in iets uit te brei. Daarteenoor beteken sy homofoon "verreikend" 'wat groot gevolge inhou'.
Weens die staking het my pakkie glo in die ........ soek geraak.
pakkettekantoor pakettekantoor pakketkantoor paketkantoor
ʼn Samestelling (“pakkettekantoor”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pakkette” en “kantoor”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Reeks smeekgebede deur ’n priester voorgelees en afgewissel deur kort antwoorde van ’n gemeente of koor noem ons 'n ........ .
litaani litanie litaanie litani
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "litanie" (met die klem op die laaste lettergreep) kom uit die Griekse "lite" wat 'gebed' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)