1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-10-2025 (vlak 2)



vorige toets 30 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-10-2025 só ingevul:



Die hoof was so ........ deur die toewyding van die onderwysers dat hy elkeen 'n bonus betaal het.
4 % (afgerond)beroer of geroer
roer
76 % (afgerond)geroer of ontroer 
19 % (afgerond)aangeroer

Die woorde "geroer" en "ontroer" is sinonieme en beteken 'in die hart geraak'; die woord "aanroer" beteken 'oor iets begin praat'; die woord "beroer" bestaan nie.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die polisie se ........ optrede het gemaak dat die misdadiger vasgetrek is.
72 % (afgerond)flinke
1 % (afgerond)vlink
25 % (afgerond)flink 
3 % (afgerond)vlinke

Sommige byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry nie ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Hy is 'n lid van die Nasionale Party; dus is hy 'n ........ .
62 % (afgerond)Nasionalis 
38 % (afgerond)nasionalis

Die lid van 'n politieke party word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Hy staan agter die deur.
Wat is die woordsoort van "agter" in bostaande sin?

3 % (afgerond)tussenwerpsel
52 % (afgerond)bywoord
37 % (afgerond)voorsetsel 
8 % (afgerond)voornaamwoord

Voorsetsels is kort woorde wat die relatiewe posisie of verhouding tussen twee elemente aandui.
'n Mens kan gewoonlik 'n lidwoord en naamwoord (byvoorbeeld 'n meubelstuk) ná 'n voorsetsel gebruik, byvoorbeeld "agter die deur" en "op die tafel".

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties