1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-10-2025 (vlak 3)



vorige toets 28 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-10-2025 só ingevul:



Die redakteur spring ........ aan die werk as daar 'n groot storie is.
23 % (afgerond)onmiddelik
8 % (afgerond)ommiddellik
66 % (afgerond)onmiddellik 
3 % (afgerond)ommiddelik

Al klink die "n" in "onmiddellik" soms soos 'n "m", word dit met 'n "n" geskryf.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Daar is maar weinig kos in ons kaste, maar ons het al voorheen ........ gehad.
1 % (afgerond)weinigger
1 % (afgerond)geringer
89 % (afgerond)minder 
10 % (afgerond)weiniger

Die trappe van vergelyking van "weinig" is "minder" en "minste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die ........ loop deur Egipte.
6 % (afgerond)Kreefkeerkring
1 % (afgerond)kreefkeerkring
87 % (afgerond)Kreefskeerkring 
7 % (afgerond)kreefskeerkring

Geografiese benamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



ʼn Moskeehoof wat in gebed voorgaan, noem ons ʼn ........ .
94 % (afgerond)imam 
1 % (afgerond)gatiep
2 % (afgerond)bilaal
4 % (afgerond)kalief

ʼn Imam is ʼn moskeehoof, terwyl ʼn gatiep sy assistent is en ʼn bilaal (of muezzin/muedzin) die moskeebeampte is wat uit die minaret die gebedstye afroep. ʼn Kalief is histories die wêreldlike hoof van die Soennitiese Moesliems. (Bron: VAW; WAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties