Ná 'n ........ soektog is wrakstukke van die vliegtuig uiteindelik gevind.
16-maande-lange 16 maand lange 16 maande lange 16-maand lange
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("maande") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf, byvoorbeeld "16 maande lange", "vier weke lange" en "drie ure lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die voorsitter van die AU-kommissie het besluit om China se ambassadeur in ........ te ontbied om op die bewerings te reageer.
Addis Ababa Addis Abbeba Addis Abbaba Addis Abeba
Sommige plekname word verafrikaans, daarom verskil die spelling van die hoofstad van Ethiopië in Afrikaans van die Engels. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)