1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-10-2025 (vlak 1)



Geen vorige toets beskikbaar nie 27 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-10-2025 só ingevul:



........ is veral gewild in Spanje, Portugal en Suid-Amerika.

95 % (afgerond)Stiergevegte 
1 % (afgerond)Stier gevegte
4 % (afgerond)Stuurgevegte
Stuur gevegte

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "stuur" wanneer hulle eintlik "stier" bedoel.

Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Daar het gisteraand verskeie ........ in en om die stad Damaskus uitgebreek.
gevegs
99 % (afgerond)gevegte 
1 % (afgerond)gevegge
geveggens

Sommige meervoude soos “drifte”, “gaste”, “nagte” eindig ook op “-e” maar die ekstra “t” is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



........ , maar dan sal jy ’n ander plan moet maak!
1 % (afgerond)o
oo
14 % (afgerond)Oo
84 % (afgerond)O 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Die ........ het in die ou dae ’n toga in die kerk gedra.
9 % (afgerond)Dominee
4 % (afgerond)dominie
84 % (afgerond)dominee 
3 % (afgerond)Dominie

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "dominee", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties