15 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-12-2025 só ingevul:
Die Opposisie het die minister daarvan beskuldig dat hy ........ is teenoor mense van ander partye.
bevooroordelent bevooroordelend bevooroordeelt bevooroordeeld
'n Mens sê iemand is "bevooroordeeld" en dit beteken ''n vooropgestelde mening oor iets of iemand hê'. Die woord "bevooroordelend" is waarskynlik kontaminasie van die woord "bevooroordeeld" en "veroordelend", byvoorbeeld 'n "veroordelende gesindheid teenoor buite-egtelike moeders hê". (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: In iemand se ........ val.
mandjie net wyn sak
Die idioom "iemand se net val", beteken 'gevang of verlei word deur iemand'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Wakkerstroom bied weer vanjaar die immergewilde ........ aan.
klassieke musiek-fees klassiekemusiekfees klassieke musiek fees klassieke musiekfees
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "klassieke" + selfstandige naamwoord "musiek") en ʼn selfstandige naamwoord "fees".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die meisies was vandag weer baie stout in die klas. Wat is die woordsoort van "stout" in bostaande sin?
'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n stoute meisie”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die meisies is stout".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)