11 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-04-2024 só ingevul:
Die huis is baie oud, ons moes sy skakelaars ........ .
gebedraad
hergebraad
geherbedraad herbedraad
Ná die hulpwerkwoord "moes" word die onverboë vorm van die werkwoord gebruik.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Herman se ........ glimlag het stelselmatig vir Sanet begin irriteer, want sy het gevoel dat hy daardeur sy werklike emosies vir haar weggesteek het.
stereotipe stereotiepe
stereotipie
Die homofone "stereotiepe" en "stereotipe" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "stereotiep(e)" (byvoeglike naamwoord) beteken 'onveranderlik' of 'altyd dieselfde'. Daarteenoor beteken "stereotipe" (selfstandige naamwoord) 'n 'oordrewe beeld van 'n groep mense wat nie noodwendig met die werklikheid strook nie'.
Sien ook die bladsy Homofone.
Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
in ag geneem
in aggeneem
inag geneem
inaggeneem
"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
'n Ander betekenis vir die woord "toetakel" as 'te lyf gaan', is ........ .
baie geskenke gee opsmuk
iets lelik sê
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “toetakel” (‘opsmuk’) en “toetakel” (‘te lyf gaan’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)