3140 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 20 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-05-2024 só ingevul:



Die hond byt sommer sonder rede.
Wat is die woordsoort van "byt" in bostaande sin?



11 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
38 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
7 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
43 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die hond byt die kat. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die hond byt sommer sonder rede.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Watter aktiwiteite beoefen jy ........ ?


6 % (afgerond)ná skools
13 % (afgerond)na skools
71 % (afgerond)naskools 
10 % (afgerond)náskools

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-s”) wat ʼn woordgroep (“na skool”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




Daar was ʼn ........ geval van masels in die skool.


enkels
9 % (afgerond)enkel
1 % (afgerond)enkile
90 % (afgerond)enkele 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("enkel"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Na my mening hou die nuwe taalbeleid baie potensiaal in, maar ........ het dit reeds gefaal.


5 % (afgerond)syn siens
3 % (afgerond)syn gesien
92 % (afgerond)syns insiens 

Die vaste uitdrukking "syns insiens" beteken 'volgens sy oordeel'. "Myns insiens" beteken insgelyks 'volgens mý oordeel'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties