23 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-11-2026 só ingevul:
Om die reeksmoordenaar ........ , moet speurders vernuftige speurwerk doen.
uit te oorlê te uitoorlê
Hoewel "uitoorlê" soos 'n skeibare werkwoord lyk, is dit nie een nie. Ons kan nie sê: "Sy oorlê hom gereeld uit" nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die idioom, "die ........ op die som," beteken 'dit is die bewys'.
teken antwoord proef vraag
Die idioom "die proef op die som" beteken 'dit is die bewys van iets'. (Engels: 'That settles the matter') (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Al meer boere pas deesdae ........ toe.
droëland boerdery droëlandboerdery droë landboerdery droë land boerdery
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "droë" + selfstandige naamwoord "land") en ʼn selfstandige naamwoord "boerdery".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
........ is die hoogste bergspits in Afrika.
Berg Kilimanjaro Kilimandjaro Kilimanjaro Berg Killimanjaro
Die naam "Kilimandjaro" kom waarskynlik van die Swahili "Kilima-Njaro" en beteken 'wit heuwel'. In Engels is dit "Mount Kilimanjaro", maar in Afrikaans slegs "Kilimandjaro"; om "Berg Kilimandjaro" te sê, word as anglisisties beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)