1751 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 20 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-10-2026 só ingevul:



Annemarie het haar rugsak ........ , oor haar skouer geswaai en op die laaste nippertjie op die wagtende trein gespring.
16 % (afgerond)vas gegespe
2 % (afgerond)vasgespe
83 % (afgerond)vasgegespe 
gevasgespe

By skeibare werkwoorde (bv. "vasgespe"; skeibaar omdat dit ook as "gespe ... vas" geformuleer kan word), word die verledetydsmerker "ge-" nie vooraan die werkwoord nie, maar wel tussen die twee woordelemente geplaas.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



'n Regsgeleerde wat namens sy kliënt in 'n hoër hof optree, noem ons 'n ........ .
advokado
95 % (afgerond)advokaat 
3 % (afgerond)advokaad
2 % (afgerond)advocaat

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Vandat ek verlede jaar in Taiwan was, is ek mal oor ........ kos.
8 % (afgerond)Taise
24 % (afgerond)Thaise
19 % (afgerond)Taiwannese 
49 % (afgerond)Taiwanese

Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans. Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees.
As iets van Thailand kom, is dit Thais.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Die weer is vanjaar baie wispelturig - dan is dit warm; dan is dit koud.
'n Sinoniem vir "wispelturig" in bostaande sin is ........ .

standvastig
konstant
mooiweer
99 % (afgerond)veranderlik 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "wispelturig - veranderlik", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties