19 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-10-2026 só ingevul:
Voordat jy die programmatuur aflaai en gebruik, moet jy eers die ........ aanvaar.
bepalings en kondisies bepalings en voorwaardes terme en kondisies terme en voorwaardes
Die korrekte Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "terms and conditions" is "bepalings en voorwaardes".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Ek is ........ ; wag vir my!
op pad oppad op-pad opad
Kombinasies bestaande uit 'n voorsetsel "op" en naamwoord "pad", word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "op soek", "by uitstek", "aan huis".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die museum is ’n moderne, ........ gebou.
hoekig hoeksig hoeksige hoekige
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("hoekig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die hof moet beslis of die wet op die betrokke saak van toepassing is ........ .
aldan nie al dan nie al-dan nie aldannie
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “al dan nie”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)