1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 17 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-08-2026 só ingevul:



Baie dankie; die kos was heerlik, maar ek is nou ........ .
fersaadig
98 % (afgerond)versadig 
2 % (afgerond)versaadig
fersadig

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Ondersteun eerder plaaslike ........ as om goedkoop, ingevoerde meubels te koop.
vakmannens
92 % (afgerond)vakmanne 
5 % (afgerond)vakmans
3 % (afgerond)vakmannen

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("vakman"), kry ’n "-e" in die meervoud AWS 13.2). Let wel, daar is ’n betekenisverskil tussen "mans" en "manne".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Jan is die baas en ek as ........ moet maak soos hy sê.
claes
1 % (afgerond)Claes
38 % (afgerond)Klaas
61 % (afgerond)klaas 

Jy noem iemand 'n "klaas" as hy vir 'n baas werk. Wanneer "Klaas" met 'n hoofletter geskryf word, dui dit op iemand se naam.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.



Dit was ’n vreeslike ........ toe die strooijonker flou val langs die bruidegom.
13 % (afgerond)affaire
2 % (afgerond)afverring
83 % (afgerond)affêre  
2 % (afgerond)affair

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties