03 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-08-2026 só ingevul:
........ jou stoel ʼn bietjie nader.
Skyf Skeif Skuif
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “skeif” of “skyf” wanneer hulle eintlik “skuif” bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die klip het teen die berg ........ en die pad versper.
af gerol geafrol geäfrol afgerol
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Boet het almal verbaas toe hy besluit het om ’n ........ te word.
modeontwerper modeöntwerper Mode ontwerper Modeontwerper
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "modeontwerper", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die beeste het in die veld ........ .
gewei gewy
In hierdie geval is "gewei" die regte woord; jy sê iets is aan God gewy.
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)