1881 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 24 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-07-2026 só ingevul:



Die woorde "rand" en "rant" in die volgende sinne is ........ .
Hoeveel rand het ek nodig om die trui te koop?
Hulle stap al langs die rant van die berg.
1 % (afgerond)sinonieme
19 % (afgerond)homonieme
1 % (afgerond)antifone
79 % (afgerond)homofone 

Die woorde "rand" en "rant" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "rand" verwys na die Suid-Afrikaanse geldeenheid en die woord "rant" verwys na heuwels, ’n koppie of ’n rotsagtige hoogte.
Sien ook die bladsy Homofone.



Dewald is 'n regte ........ . Hy los die lig aan as hy gaan slaap.
waagals
95 % (afgerond)bangbroek 
5 % (afgerond)waaghals
1 % (afgerond)bang broek

'n Bangbroek is iemand wat maklik bang word. 'n Waaghals is 'n onverskillige, roekelose persoon.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Julle sal my nie glo nie, maar die ........ ding het my oorgekom!
89 % (afgerond)allervreeslikste 
2 % (afgerond)aller-vreeslikste
9 % (afgerond)aller vreeslikste

Woorde met "aller-" word altyd vas geskryf, behalwe "in aller yl" wat ons van Nederlands geërf het.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Baie rugbyspelers verhuis na ........ .
28 % (afgerond)Tokio
46 % (afgerond)Tokio of Tokyo 
27 % (afgerond)Tokyo

Die AWS erken beide "Tokio" en "Tokyo" as spelling van die hoofstad van Japan.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties