25 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-05-2026 só ingevul:
Tina het ʼn ........ aan mense wat goed by haar wil leen.
heekel heukel hekel hekil
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "heukel" in plaas van die korrekte "hekel".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die slagoffer is aan ........ beserings dood.
invendige inwendig invendig inwendige
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 27 April gevier word?
Fryheidsdag Vryheidsdag Vryheid Dag Fryheiddag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die hoof wil al die onderwysers tydens ........ spreek.
pouse pouze pauze pause
In sommige woorde word die [z]-klank met ’n "s" geskryf, soos in die woord "pouse".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)