20 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-04-2026 só ingevul:
James Bond speel nooit ........ nie.
roulette of roelet roelette of roulette roulette roelet
Jy kan die oorspronklike Franse spelling ("roulette") of die verafrikaanste spelling ("roelet") gebruik.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Alles is stil in die woud. Dit is net die wildeganse wat in die vlei ........ .
blaas gier kraai kekkel
Wildeganse gier, ganse blaas, hane kraai en henne kekkel. (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Dieregeluide)
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Mevrou Haase gaan aan die begin van elke week na die ........ , omdat sy geen supermark se produkte vertrou nie.
varsproduktemark vars produktemark vars-produkte-mark varsprodukte mark
Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("vars produkte") en 'n ander woord ("mark") verbind. Die woordgroep kan, soos in hierdie geval, bestaan uit 'n adjektief en 'n selfstandige naamwoord. Juis omdat die woordgroep optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Gustav wil John se onderneming uitkoop. Wat is die woordsoort van "uitkoop" in bostaande sin?
oorgangshoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Gustav koop die onderneming uit. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)