2115 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 20 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-04-2026 só ingevul:



James Bond speel nooit ........ nie.
40 % (afgerond)roulette of roelet 
27 % (afgerond)roelette of roulette
32 % (afgerond)roulette
2 % (afgerond)roelet

Jy kan die oorspronklike Franse spelling ("roulette") of die verafrikaanste spelling ("roelet") gebruik.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



Alles is stil in die woud. Dit is net die wildeganse wat in die vlei ........ .
51 % (afgerond)blaas
46 % (afgerond)gier 
kraai
3 % (afgerond)kekkel

Wildeganse gier, ganse blaas, hane kraai en henne kekkel.
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Dieregeluide)
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Mevrou Haase gaan aan die begin van elke week na die ........ , omdat sy geen supermark se produkte vertrou nie.
98 % (afgerond)varsproduktemark 
1 % (afgerond)vars produktemark
vars-produkte-mark
1 % (afgerond)varsprodukte mark

Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("vars produkte") en 'n ander woord ("mark") verbind. Die woordgroep kan, soos in hierdie geval, bestaan uit 'n adjektief en 'n selfstandige naamwoord. Juis omdat die woordgroep optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Gustav wil John se onderneming uitkoop.
Wat is die woordsoort van "uitkoop" in bostaande sin?
10 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
17 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
70 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
3 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Gustav koop die onderneming uit. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties