2114 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 19 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-03-2026 só ingevul:



Ek ondersteun graag my alma mater. Die woorde "alma mater" beteken ........ .

96 % (afgerond)instelling waar jy studeer het 
3 % (afgerond)al my vriende
1 % (afgerond)beide my oumas
1 % (afgerond)kerk waar jy gedoop is

Die leenuitdrukking "alma mater" beteken 'instelling waar jy studeer het'. Die woord "alma" beteken 'voedend', terwyl "mater" na "moeder" verwys; jou "alma mater" is dus letterlik die moeder wat jou opgevoed het. (Bron: Etymonline)

Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Die Grondwet beskerm ons teen ........ oordadige magsvertoon.
6 % (afgerond)arbitrêr
3 % (afgerond)arbitrere
90 % (afgerond)arbitrêre 
1 % (afgerond)arbitreer

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("arbitrêr"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Een van die mense by wie ons gebly het, het vir my tien ........ gegee.
32 % (afgerond)euros
16 % (afgerond)Euro's
15 % (afgerond)Euro
36 % (afgerond)euro 

Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter. Die AWS erken die meervoudsvorm van "euro" as beide "euro" en "euro's". Onthou dat woorde wat op 'n o eindig, in die meervoudsvorm 'n afkappings-s kry.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die boereorkes het ʼn vinnige vastrap gespeel.
Wat is die woordsoort van "vastrap" in bostaande sin?

91 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
2 % (afgerond)adjektief
1 % (afgerond)voegwoord
6 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “vastrap - die vastrap – vastrappe”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties