1879 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 17 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-12-2025 só ingevul:



Sal jy ........ vir my 'n gunsie doen?
2 % (afgerond)slegs sseblief
4 % (afgerond)slegs 'sseblief
47 % (afgerond)seblief of 'seblief 
46 % (afgerond)slegs 'seblief

Die afkappingsteken word in 'n aantal gevalle gebruik om aan te dui dat letters ontbreek, soos "as 't" in plaas van "as het". Die woord "seblief" is al ingeburger dat die AWS albei spelwyses aanvaar.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Toe ek in die huis ingetrek het, het ek nuwe ........ laat installeer; dit lyk baie beter as die ou lelike matte.
89 % (afgerond)gelamineerdehoutvloere 
4 % (afgerond)gelamineerdehout vloere
3 % (afgerond)gelamineerde hout-vloere
4 % (afgerond)gelamineerde hout vloere

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "gelamineerde" + selfstandige naamwoord "hout") en ʼn selfstandige naamwoord "vloere".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Ek werk in kantoor 203 van die ........ .
45 % (afgerond)administrasiegebou
55 % (afgerond)Administrasiegebou 

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



Idioom: Dit is ........ vir my.
4 % (afgerond)Chinees
Japannees
96 % (afgerond)Grieks 
Italiaans

Hierdie idioom beteken 'ek verstaan dit glad nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties