12 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-04-2024 só ingevul:
Voordat jy met die bouwerk begin, moet jy seker maak jy voldoen aan die stadsraad se ........ .
regelasi’s
regulasie’s
regelassies regulasies
Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die "u" in "regulasie"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan geskryf word as "regelasie").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Ons wag in ........ vir nuus oor die vliegramp.
angs spanning
opwinding
vervoering
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “in spanning wag”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die plaas Oudrif is 'n ........ .
koring- en skaapplaas
koring en skaapplaas koring-en-skaapplaas
Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde (“koring, en, skaap, plaas”) in die geheel een saak benoem, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die woord "flous" in die volgende sinne is 'n ........ . Moet jou nie deur sy slimpraatjies laat flous nie. Kan ek vir jou iets flous skink om te drink?
homoniem
homofoon
antoniem
sinoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “flous” (‘fop’) en “flous” (‘nie sterk nie’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)